

CORLEEN SE KORSLOSE MELKTERT
1 liter melk
250 g margarien
3/4 koppie Maizena aangemaak met bietjie water
3/4 koppie suiker
2 eiers
1 teelepel Vanilla
Sit die melk en margarien in ‘n kastrol tot die botter gesmelt het en gooi dan die suiker en die eiers by en klits goed. Gooi dan die maizena by en roer oor ‘n stadige hitte totdat die mengsel verdik. Gooi in ‘n gesmeerde tertbak en laat afkoel.
Resep verskaf: Corleen de Goede
Foto: Carla Saayman – ek het tennisbeskuitjie onder en aan die kante ook gesit







Carla Saayman:
Ek het tenniskoekies bygesit en hom so 5min in die mikrogolf oond ook gesit. Maizina het nog so effens rou geproe.