

BROCCOLI-HOENDER
6 hoenderborsies
3 koppies water
2 hoenderaftrekselblokie
1 koppie broccoli
3 koppies gaar rys
1 groen soetrissie
Sous
1 koppie room
2,5 ml kerriepoeier
410 g sampioenroomsop
3 eetlepels blatjang
Sout en Peper na smaak
Bolaag
2 koppies kaas
75 ml broodkrummels
4 eetlepels botter
Stel oond op 180 grade C.
Kook hoender in water met hoenderaftrekselblokkies tot sag.
Skep hoender uit en mask fyn.
Kook broccoli in dieselfde hoenderaftrekselblokkies vir 5min en dreineer. En skep by hoender
Skep gaar rys in bak
Plaas hoender en broccoli bo op rys
Strooi soetrissie bo-oor
Meng al die sousbestanddele en skep oor hoender.
Plaas bolaag oor en bak 30min
Ek’t die resepie gehalveer!!
HEERLIK!!!
Foto: Benhet Nieuwenhuis






