

WILMA SE DIABETIESE SKONS
500 g bruismeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml Xylitol
250 ml melk
100 ml kookolie
2 eiers
Meng die droee bestandele saam. Klits die eiers. Voeg die melk en kookolie by en klits goed saam.
Maak ‘n holte in meelmengsel en gooi die melkmengsel daarin. Meng met ‘n mes tot ‘n sagte deegbal gevorm is. (Ek sit 3 messe in die vrieskas en werk om die beurt daarmee). Gooi deeg op ‘n meelbestuifde houtbord uit.
Druk met jou vingers die deeg plat (omtrent 2 cm). Druk sirkels met ‘n koekiedrukker uit. Smeer geklitste eier oor en bak in ‘n warm oond (160gºC) vir 15min tot goudbruin en gaar.
Bron en Foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.






