

SHELEEN SE VLA YSKASTERT
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 blikkie kondensmelk
1 klein botteltjie suurlemoensap
250 g botter
10 gelyk vol eetlepels vla poeier
8 gelyk vol eetlepels suiker
900 ml Melk
Vla:
Meet 900 ml melk af, gooi dan 850 ml in ‘n pot om te kook. Terwyl jy wag vir die melk om te kook, vat die ander 50 ml melk en meng 10 gelyk vol eetlepels vla poeier (die vla moet lekker dik wees, maar nie te dik nie) en 8 gelyk vol eetlepels suiker (hang af hoe soet jy dit wil he).
Meng alles goed deur dat daar nie klonte is nie. Voeg dan jou vla mengesl by die melk wanneer dit begin kook, roer aanhoudend sodat dit nie vasbrand of klonte maak nie (‘n pap klitser werk vir my lekker) jy kan bietjie van die melk oorskep in die houer waarin jy jou vla mengsel gemaak het, om dit wat agter gebly het ook in jou pot te kry. Hou aan om alles te roer totdat dit weer begin kook. Haal dan die pot van die plaat af en laat dit afkoel.
Tennisbesuitjie laag:
Metode 1:
As jy ‘n vierkantige bak het kan jy die koekies net so heel mooi in jou bak pak om die onderste korsie te maak.
Metode 2:
As jy ‘n ovaal of ronde bak het en bietjie sukkel om die koekies gepak te kry, kan jy dit krummels maak en meng met die 250 g botter en dit dan mooi plat druk onder in die bak.
Kondensmelk en suurlemoen sap:
Gooi jou kondensmelk in ‘n bak uit en meng dan bietjie suurlemoen sap op ‘n slag in, tot dit suur genoeg proe vir jou.
Tert laag:
As jy klaar jou koekies gepak het, kan jy nou jou eerste laag vla opsit. Ek het nie die velletjie afgeskep nie, ek het dit net weer in die vla ingeroer. Dan drip jy die kondensmelk mengsel oor die vla, ek het sommer met ‘n eetlepe klomp geskep en dit net so oor die vla gesmeer, nie te dik nie.
Jy kan self kies hoeveel lae jy wil he, ek het net twee gemaak en bo op my laaste laag van die koekie krummels gegooi.
Laat staan in die yskas tot dit lekker af gekoel het en dan is jou tert reg om te geniet.
Foto en aangepaste resep: Sheleen Byrne Vorster






