

PASTA MET HAM , ERTJIES EN ROOM
Aandete dis baie warm hier …. resep uit tuis Kos uit die tuin …. eie foto’s
ek ham vervang met gewone bacon
Bestandele
500 farfalle-pasta ( strikkies pasta )
of enige ander kort pasta soos macaroni of penne
200g bevrore ertjies
250 ml room
300g ham , in blokkies gesny
gerasperde parmesan kaas of pecorinokaas
varsgemaalde swartpeper na smaak
1) Kook die pasta in genoeg kokende soutwater tot al dente . Gooi die ertjies die laaste paar minute van pastakooktyd in die kastrol en kook dit saam met die pasta gaar . Dreineer
2) Sit die kastrol ( sonder die pasta en ertjies ) terug op die plaat en gooi die room , ham en parmesan – of pecorinokaas by . Gooi die pasta en ertjies by en roer totdat alles deurwarm is . Geur dit met swartpeper en sit voor . ( Ek skep altyd n koppie vol van die pastawater uit , as dit te droog lyk voeg ek net van die water by en meng goed ).
My kleinkinders noem dit ouma se strikkies pasta !
Bron en Foto: Petro van Genderen






