MARIETJIE SE LEWERGEREG
Vannaand weer lewer gemaak en dis soooooo lekker al moet ek dit nou self sê .. en volgende dag smaak dit net nog beter.
Alle idees van my baas se vrou af .. mens kan dit op verskillende maniere maak .. maar ek vannaand so gemaak …
Ek koop Woolies se lewer wat klaar skoon is.
Was af .. sny in blokkies… laat lê in meelblom
Geur met spices en sout.
Sny uie in dun skywe.. braai in olyfolie.. caramiliseer met bruin suiker… voeg knoffel by .. voeg bottel sous van balsamic en olive oil dressing by .. so 3 lepels.. en dan tamatie… ek gebruik Miami boere relish … sweet tomato.. braai lekker saam.
Voeg brown onion gravy by en meng met kookwater. Kook alles lekker saam.
Nou gaan sous lekker dik raak. Dit moennie te dik wees nie .
Voeg nog kookwater by as te dik is.
Laat rus.
Gooi olie in pan en laat opwarm .
Voeg lewer blokkies by en braai tot lekker bruin..
Lewer moet nie bloederig wees nie en ook nie droog nie.
Haal uit pan.
Voeg in bak wat in mikrogolf pas.
Voeg sous by en meng goed met lewer.
Maak in mikrogolf warm.
Ek sit fotos by soos gemaak .. hoop dit kom in volg orde uit.
Resep en foto: Marietjie Nel
Reseo gewysig na aanleiding van haar baas se vrou