

LEKKER MIKROGOLF SOUSKLUITJIES
Geplaas deur Petra Nel
Resep genoeg vir 3
Sous:
10 ml botter
50 ml suiker
2,5 ml kaneel
25 ml mielieblom
Kluitjies:
125 ml koekmeel
10 ml suiker
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
10 ml botter
30 ml melk
1 eier
Botter en kaneel vir bo op
Plaas ongeveer 2 cm water in ‘n bak, roer botter, suiker en kaneel by mikrogof op 100% krag vir 5 min.
Roer die maizena wat met ‘n bietjie water aan gemaak is by.
Mikrogolf weer 3 min.
Roer na 3 min,
Hou in mikrogolf terwyl jy die res meng.
Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in.
Meng melk en eier dan met meel.
Meng goed, skep teelepels vol in die sous.
Maak toe en mikrogolf vir 2 min.
Stip met botter en strooi kaneel oor en geniet.






