

KOOS SE VARKLIES ROLRIB
Daai Pork belly roll (varklies) wat ek wou maak:
Hoeveelhede na smaak:
knoffel
English Hot Mustard
growwe sout
suurlemoenpeper
Vou lies oop en stop met knoffelhuisies tussen die vleis in.
Smeer met English Hot Mustard.
Geur met growwe sout, en suurlemoenpeper.
Rol toe en bind vas.
Plaas in ‘n vacuum sak in die yskas vir so 2 dae.
Op my gasbraai spit gebraai tot gaar.
Nota:
As iemand wil weet hoekom nie in ‘n net-sak gebak nie.
Vat ‘n tip: As jy die vleis in ‘n net-sak bak en dan die net moet afhaal, dan trek die vleis en die hele rol val oop.
Met die tou sny jy dit mooi skywe as dit gaar is en jy kan die skywe verder braai as dit nodig is.
Resep en foto: Koos van der Merwe
Wenk;
Lana le Roux – Strooi bietjie gelatien oor jou vleis voordat dit opgerol word. Rol bly dan mooi bymekaar. Geniet elke stukkie van hierdie gerolde belly.






