

HERTZOGGIEKOEK
100g sagte botter
125ml suiker
3 eers geskei
375ml koekmeel
10ml bakpoeier
125ml natuurlike volroom jogurt of melk
5ml vanielje geursel
45ml appelkoos konfyt
Klapperkors
180ml strooisuiker
375ml klapper
125ml gekapte pekaneute
Voorverhit die oond tot 180grade C
Smeer n langwerpige pan en voer uit met bakpapier
Klits die botter en suiker tot romerig en voeg die eiergele by en klits goed
Sif die koekmeel en bakpoeier saam en klits by die jogurt of melk in voeg ook die vanieljegeursel by en meng
Skep in bereide pan en smeer die appelkoos konfyt liggies oor
Klapperkors
Klits die eierwitte en strooisuiker saam tot n stywe meringue en meng die klapper en pekaneute deur skep dit rofweg oppie koek
Bak sowat 40min of tot die toetspen skoon uitkom
Bere in die pan of koekblik
Foto: Gideon Louw






