

COETZEE SE POTBROOD
1 teelepel sout
330 ml lou warm water
4 koppies meel
1 eetlepel suiker
4 teelepels botter/ margarien
2 teelepels melk poeier
1 ½ teelepels gis
Giet lou water en sout in skottel, voeg meel en suiker by en vryf botter in.
Sit melkpoeier by en voeg die gis laaste by.
Knie goed deur 45 min.
Lê platboom pot met foelie uit, asook deksel en smeer met botter.
Gooi deeg in pot en laat rys op warm plek vir ‘n uur.
Ek bak myne op die kole, maar kan in oond ook gedoen word – 45 min teen 180°C.
Indien jy sagte korsie wil hê, bedek met klam vadoek na eerste 10 min.
Indien op kole, bedek met vadoek en swartsak.
Die sweet maak die korsie sag.
Nota:
Net bysê die swartsak en vadoek is na dit van die kole af kom.😬😬
Foto en resep: Coetzee Neethling






