

SUIWELVRYE SAGO POEDING
Genoeg vir 4
Oondtemperatuur: 160 ºC
1 liter vanilla-geur sojamelk
250 ml sago
1½ ml fyn neutmuskaat
1 kaneelstokkie
250 ml suiker
75 ml suiwelvrye margarien
5 ml vanilla geursel
4 groot eiers, geskei
75 ml gladde appelkooskonfyt
Verhit die melk tot net voor kookpunt.
Voeg die sago, speserye en 2 ml sout by.
Laat prut vir 10 minute oor ’n lae hitte tot die sago deurskynend is.
Voeg 125 ml van die suiker, die margarien en die vanilla geursel by en roer goed.
Haal van die plaat af en roer die eiergele by tot goed gemeng.
Giet in ’n liggies gesmeerde oondbak. Skep die appelkooskonfyt oor.
Klop die eierwitte styf.
Klits die orige 125 ml suiker ’n lepel op ’n slag daarby.
Smeer oor die sago en bak vir 40 minute of tot gestol en ligbruin aan die bokant.
Foto: Bettie Venter






