SPAR KLAM SJOKOLADE KOEK
4 eiers geskei
250 ml olie
5 ml vanilla geursel
2 ¼ koppies koekmeel
1 ½ koppie suiker
¼ koppie kokoa
4 teelepels bakpoeier
n knypie sout
250 ml kookwater
Klits eierwitte tot styf, klits dan in n aparte bak die eiergele, olie en vanilla saam, sif dan die koekmeel, suiker, kakoa, bakpoeier en die sout saam in n aprte bak. Voeg die eiermengsel en water by meelmengsel en roer goed. Verdeel die mengsel in twee koekpanne en bak teen 180 C vir 20 tot 30 min
Versiersel:
500 g Spar versiersuiker
125 g botter
30 ml kits koffie opgelos in ‘n bietjie water
2 ml vanilla geursel
Klits botter en versiersuiker saam tot goed deurgeroer, voeg die koffie oplossing en vanilla by mengsel en meng goed totdat mengsel glad en smeerbaar is.
Bron: Spar Versiersuiker Houer
Foto: Laudia Els Crouse