

MOUSSAKA MET AARTAPPEL
700 g aartappels , geskil en in skywe gesny .
15 ml olyf olie
1 ui , in ringe gesny
2 knoffelhuisies , fyngedruk
500 g maalvleis
1 beesvleis blokkie , gekrummel
15 ml koekmeel
Paar takkies vars tiemie
30 ml tamatiepuree
Vars swartpeper
125 ml bier
Kaassous
50 ml botter
100 ml koekmeelblom
450 ml melk
Sout en peper na smaak
10 ml aangemaakte mostard
250 ml cheddarkaas , gerasper
Broodkrummels om bo-oor te strooi
Voorverhit oond tot 180 C. Bespuit oondvaste bak met kossproei .
Kook aartappels in sout water tot amper sag . Dreineer goed en sny in skywe . Hou eenkant .
Verhit die olie in n pan en soteer die ui en knoffel daarin tot sag . Voeg maalvleis by en roerbraai met n vurk tot gaar maar nie bruin nie . Meng die res van die bestanddele buiten die vir die Kaassous en voeg by . Verlaag die hitte en laat prut tot mengsel lekker geurig en nie meer waterig is nie . Skep in die voorbereide bak en rangskik die aartappels bo-op . Smelt die botter in n kastrol . Voeg die meel by en roer tot glad . Voeg die melk bietjies bietjies by terwyl aanhoudend geroer word . Verhit tor die mengsel kook en verdik . Geur met sout en peper asook met die mosterd .
Verwyder van die hitte en voeg meeste van die kaas by . Roer tot gesmelt en giet oor die aartappels . Strooi die orige kaas asook n bietjie broodkrummels oor en bak 20 – 25 minute lank of tot kaas gesmelt is .
Dien op saam met slaai .
Foto en resep geplaas deur Petro Van Genderen






