

MARAAI SE PAAI
2 kg hoenderfilette, ontbeen en sonder vel
1 koppie hoenderaftreksel
1 koppie witwyn
30 ml (2 eetlepels) knoffel, fyngemaak
5 ml (1 teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) varsgemaalde swartpeper
200 g gekookte ham, in blokkies gesny
2 uie, grof gekap
250 g knopiesampioene, in dun skyfies gesny
250 ml (1 koppie) vars gekapte pietersielie
Sous:
250 g botter
250 ml koekmeel
500 ml hoenderaftreksel
250 ml suurroom
500 ml (2 koppies) melk
400 g blaardeeg, ontdooi en uitgerol
1 eier, geklits
Verhit die wyn en hoenderaftreksel in ‘n kastrol, voeg die hoender, knoffel, sout en peper by.
Bedek en laat dit prut vir 20 minute oor matige hitte.
Haal die hoender uit en behou die hoenderaftreksel en breek hoender in klein stukkies.
Plaas in ‘n mengbak, voeg die ham, uie, sampioene en pietersielie by en meng dit deeglik.
Smelt botter in ‘n kastrol en roer die koekmeelblom by.
Voeg die hoenderaftreksel geleidelik by terwyl dit aanhoudend geroer word.
Giet die suurroom en die melk by en roer tot glad.
Voeg die hoendervleismengsel by die sous en meng dit.
Skep dit in ‘n oondbak en bedek dit met die uitgerolde deeg.
Bestryk die deeg met die gesklitste eier.
Bak die pastei vir 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200°C.
Foto: Ivanda Venter







geskuif