

MALINDA SE KUMKWAT KONFYT
Week die vrugte oornag in water. volgende dag sit in ‘n pot en bedek met water en kook tot die skilletjie sag is.
Laat afkoel sny in die helfte, verwyder die pitte en maak ‘n pit sakkie.
Kook 250 ml suiker, 250 ml water en die pitsakkie saam tot suiker opgelos is.
Sit in 250 g vrugte, kook met deksel op vir 20 min. Haal deksel af, verwyder die pitsakkie en kook op vinnige hitte totdat jy tevrede is met die dikte.
Bottel warm.
Bron en foto: Melinda Marjee Walker






