

ERIKA SE VRUGTEKOEK
Foto en resep geplaas deur Erika Weber Vos
FOOD LOVERS RECIPES
Bak: 1 – 2 uur tot gaar.
Oond temp: 150ºC
Meng die volgende saam:
100 ml kookwater
3 eetlepels koffie
4 eetlepels suiker
Voeg die volgende by:
650 ml melk
250 g dadels, fyngesny
750 g vrugtekoekmengsel
Los in die yskas vir 24 uur.
2 koppies bruismeel
Voeg by vrugtemengsel en roer goed.
Smeer die koekpan of bak goed. Ek sit bakpapier onderin wat jy ook moet smeer.
Skep die beslag in die pan en bak in voorverhitte oond soos bo.
Nota:
Sommige mense gebruik vrugtesap ipv die yskoffie.
Jy kan jou vrugtemengsel aanpas soos dit jou smaak pas solank dit 1 kg is. Ek hou nie van kersies en neute nie, daarom sit ek dit nie in nie. Jy kan agterna dit met brandewyn ryp maak. Ek verkies dit net so sonder drank. Dit is die 1ste vrugtekoek wat ek kon bak. My 1ste koek het amper 2 uur gebak maar my ander was korter.






