

BAR ONE ICING- VERSIERSEL
1 groot bar one
50 g bourneville sjokolade of goeie donker baksjokolade
250 ml vars room
Sny die bar one in stukkies gooi in n swaarboom kastrol. Voeg die donker sjokolade en room by. Smelt oor n matige hitte terwyl jy dit roer. Pasop vir aanbrand. Sodra al die nougat van die bar one gesmelt is sit die hitte af. Laat die mengsel oornag in die yskas. Dit moet baie koud wees. Klits die mengsel tot lig en romerig. Smeer elke cupcake met n bietjie karamel en versier met die icing. Bewaar in die yskas tot benodig.
Bron : Barbara Swart






