

JOHAN SE ONTBYT VETKOEKIES
Foto en resep: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
Goeie môre sy naam is vetkoek, want hy word in vet gebraai anders is dit ń oliekoek.
Vetkoek met bakpoeier
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
¼ teelepel sout
¼ koppie maas
¼ koppie louwarm water
Meng alles goed saam.
Laat rus terwyl jy wag vir die vet om te smelt en warm te raak.
Skep deeg met ‘n lepel en braai in diep vet tot goudbruin.






