

VET SJEF SE SHEBA EN MONKEYGLAND SOUS
2 groot uie, gekap
4 groot tamaties, geskil en in blokkies gesny
1 of 2 rooi soetrissies (greenpepper), gekap
4 – 6 knoffelhuisies, gekap (ek hou van baie meer)
2 groen appels, geskil en in blokkies
1 koppie (250 ml) Mrs Balls (kies jou eie vir die brand)
1 eetlepel (15 ml) Bovril of Marmite
(Tip – As jy nou weer boerewors in ‘n pan braai, bêre daai vet spesiaal hiervoor, anders sommer gewone kookolie.)
In ‘n groot pan, verhit die vet/olie (sowat 45 ml) en braai die uie en soetrissies tot die uie deurskynend en lig bruin is.
Voeg die knoffel by en braai vir so minuut.
Voeg die tamaties en appels by en laat prut vir sowat 20 minute. OPPAS VIR BRAND.
Roer die res by en prut ‘n verdere 5 minute.
Proe en verstel na jou smaak – soet, suur of sout.
Voeg by vir:
Kerrie smaak: 15 ml kerrie poeier net voor die tamaties.
Brand: 2 of so rooi rissies, braai saam met die uie.
Bron: Albert Buitenhuis






