

ANCO SE GOUMET BASILIEKRUID BURGERS
500 g maalvleis
½ teelepel paprika
1 teelepel Steak and Chop Spice
1 teelepel sout
peper na smaak
10 ml Worchestersous
10 ml Soyasous
1 klein eier
½ koppie Basieliekruid gesnipper
Meng GOED saam met jou hande.
Sit in die yskas vir 20 minute.
Rol in balle en druk plat met jou vingers tot jy die regte vorm en grote het. (Onthou hulle verloor omtrent ‘n helfde van die grote as dit braai)
Braai in ‘n lekker warm pan tot gaar. Draai net een keer om. (Ek hou van myne medium rare)
GENIET.
Resep en foto: Anco Pretorius






