

TANNIE PHIL SE VRUGTEKOEK
VOORBEREIDING VAN VRUGTE
1 kg gemengde koekvrugte
2 koppies suiker
2 koppies glanskersies – gesny
250 g botter – Rama of Stork bake is ook geskik
2 koppies water
Kook bo genoemde bestanddele alles saam vir 5 minute.
Laat die mengsel tot lou warm afkoel.
KOEKBESLAG
4 koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
2 teelepels fyn gemmer
2 teelepels suurlemoensap
4 eiers – goed geklits
knippie Sout
Voeg koeksoda by vrugtemengsel en meng goed.
Sif die koekmeel, sout en gemmer saam, meng nou die meelmengsel en geklitste eiers om die beurt in die vrugtemengsel in.
Voeg suurlemoensap by, meng goed met houtlepel. Skep in diep pan wat se kante en bodem met waspapier uitgevoer is.
Bak in vooraf verhitte oond by 180 ˚ C.
Nota:
Ek het ‘n 23 cm deursnit ronde koekpan gebruik. Wanneer koek in oond gesit word stel af na 140 ˚ C.
Sit 2 lae waspapier bo op koekpan en haal dit na 2 ure af.
As koek in vlakker groot pan bak kan dit dalk net 3 ure bak.
As koek na 3½ ure nog nie gaar is nie is daar fout.
As koek uit oond kom keer uit op afkoel rak. Gooi goeie gehalte brandewyn oor.Laat heeltemal koud word. Draai toe in foelie en sit in blik. Gooi 1 x per week nog brandewyn oor om klam te hou en draai weer foelie om.
Kan na ‘n week begin eet. Hoe ouer die koek word hoe meer ontwikkel die geure.
Bak ten minste 8 weke voor die tyd die koek.
Die koek kan op die rak, goed toegedraai in foelie vir maande bewaar word by ‘n konstante temperatuur
Foto en resep gepos deur Elize Smit






