



RONEL SE ROERBROODJIE
3 koppies koekmeel
1 pakkie suurdeeg
1 teelepel suiker
1 teelepel sout
1 ½ koppie louwarm water
Roer baie goed en gooi in pannetjies of bekers en laat rys vir 20 minute en bak teen 180°C vir 35 minute.
Hierdie broodjies bak baie goed in die halogen/konveksie oondjie.
Resep: Ronel Snyman
Foto’s: Anton Fourie en Wendy Roberts Jv Rensburg
Nota: Ronel se roerbroodjie met koppie gerasperde kaas by. Feestelik







