MARIE SE ROYAL CREAMS
500 gram stork bake margarine kamertemperatuur
1 en 1/2 koppie versiersuiker gesif
1 koppie Maizena gesif
1 koppie vlapoeier gesif
3 koppie koekmeel gesif
2 teelepeltjies amandel geursel
Verhit oond 160 ºC.
Verroom die sagte botter, versiersuiker en maizena tot romerig.
Voeg vlapoeier by asook die amandel geursel en meng goed. Ek gebruik my menger.
Voeg nou meel by koppie vir koppie en meng goed tot ‘n deeg vorm van keuse.
Bak vir 10 tot 15 minute afhangende van jou oond.
Laat heeltemal afkoel voor versiersel op sit en plak op mekaar.
Versiersel:
125 gram stork bake margarine
250 gram versiersuiker
2 teelepels amandel geursel
Verroom alles saam met menger om sagter versiersel te kry.
Geniet!
Resep en Foto: Marié Fourie