

KOOS SE SPICY RICE-GEGEURDE RYS
Saam met room/tamatie gegeurde beef stew en goente apart gekook.
½ ui
½ soetrissie, vandag rooi maar dit lyk goed as jy rooi en groen saam gebruik of green onions
knoffelvlokkies na smaak
¼ teelepel tiemie
¼ teelepel salie (sage)
¼ teelepel origanum
1 ½ koppie rou wit rys
Ons het die soetrissie en ui sommer in die food processor fyn gemaak.
Braai dit dan saam in bietjie olie.
Gooi volgens smaak knoffelvlokkies by.
Braai alles saam.
Gooi die rys by die gebraaide mengsel en braai alles saam vir so 5 minute terwyl jy dit die heeltyd roer.
Nou gooi ek so 2 teelepels Geel Spice for Rice by en braai alles saam vir nog so 3 – 5 minute.
Gooi water by soos normal weg met rys en laat kook.
Ek roer dit kort kort deur, want die mengsel van uie en soetrissie is geneig om bo te gaan lê.
Sodra die water so 50% weggekook is, gooi ek die tiemie, sage en origanum by.
Hou aan om alles te roer terwyl die rys kook (so elke 5 minute) tot die rys omtrent droog gekook is.
Dan sit ek die plaat af en laat staan vir 30 minute sodat alles kan trek.
Bedien saam met ‘n lekker sous. Ek kan die rys sommer eet sonder enige vleis net ‘n sous maar jy kan dit bedien saam met enige tipe vleis. Baie gewild by ‘n potjie.
Resep en foto: Koos van der Merwe






