


JOHAN SE BROODJIE IN DIE OONDJIE
Goeiemôre, vuurwarm uit die oondjie met vyekonfyt, die plaasbotter smelt so weg in hom en die korsie kraak onder jou tande.
3 koppies koekmeel
½ koppie maas
½ pakkie kitsgis
1 teelepel sout
1 teelepel bruinsuiker
2 eetlepels vet of botter
1 koppie louwarm water
Ek laat alles saam meng in die broodmasjien op siklus 12. Wanneer die siklus klaar is skakel ek die broodmasjien af en laat dit binne die masjien rys tot dubbeld die grootte. Skakel nou weer masjien aan en laat knie op 12 vir so 5 minute. Haal deeg uit, vorm dit en sit in gesmeerde oondpan. Sit oondpan in die oondjie en stel tydskakelaar op 15 minute, draai die temperatuur skakelaar stadig net tot oondjie aanskakel laat rys tot dubbeld die grootte. Bak vir 30 tot 40 minute teen 180°C of tot brood mooi bruin is. Wenk: Draai die oond se deksel in verskillende posisies terwyl dit bak dat brood egalig kan rys en eweredig bruin kan bak. Kom sê my hoe hy gesmaak het. Mooi dag verder. Nota: Vir die kaiing-broodjie het ek die resep gebruik en net kaiings bygevoeg. Kan ook kaas of rosyne byvoeg in plaas van kaiings.
Resep en foto: Johan Coetzee






