


GEVULDE SKORSIE EN MURGPAMPOENTJIE GEREG
Hierdie was uit nood gebore en het nogal baie lekker gekom, ek sal dit beslis weer maak, dit is net iets anders as die gewone skorsie. Mens moet regtig hier aanpas na smaak, ek het skorsies en “baby marrows” gemeng, maar as mens net ‘n geel gereg wil hê, kan jy altyd net skorsies gebruik of dit meng met gewone pampoen.
500 g gaar skorsies(sonder skil) en murgpampoentjies fyngemaak (ongeveer 3 skorsies en so 250 g murgpampoentjies)
2 eiers geklits (of sien alternatief)
2.5 ml kaneel of na smaak
5 ml vla poeier
paar druppels karamel essense
suiker of xylitol na smaak ( maar darem redelik soet)
Kook die skorsies en skep uit die doppe, werk mooi want ons gebruik weer die doppe om in te bak.
Kook die murgpampoentjies in bietjie water met sout tot sag, gooi water af en meng by skorsies. Meng die res van die bestandele by.
Sit die skorsie skil binne in ‘n ramekin bakkie wat gespuit is en vul met die mengsel. Pak die ramekins op ‘n bak plaat en bak by 190°C vir ongeveer 30 min of tot gestol.
Alternatief: As jy weet jy gaan dadelik bedien, kan jy die eiers skei, die geel by die mengsel sit en die wit styf klits en invou, dan het jy ‘n heerlike souffle.
Foto en resep: Rina Kleinhans






