

ELIZE SE “NEW POTATO SALAD”
RESEP: Elize Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
Klein potjiekos aartappels
Pêrs uie
Bottel gekleurde of wit heel klein piekel uitjies
Klein Denny sampioene
Spring onions
n Bottel klein suur gherkins of groot as klein nie verkrygbaar is nie
Bacon stukkies of gesnipperde heel spek
Vars knoffelhuisie
Olyf olie
Balsamiese asyn
Pietersielie vars of droog
Vars basil en cilantro kruie
Groen soetrissies gekerf
Knorr french of greek vinaigrette slaaisous
Growwe sout en growwe swart peper korrels
Sny elke aartappeltjie met skil aan middeldeur en kook tot sag mar ferm in sout water. Moenie dreineer. Hou warm tot slaai gemeng moet word. Dis wanneer sous in die aartappels intrek.
Braai die gesnipperde spek, sampioenein skywe gesny, pêrs uie in skywe gesny, so 2-3 knoffel lobbe in skyfies gesny en groen soetrissie in 1cm lang skywe gesny als saam net tot uie, sout en growwe swartpeper na smaak en groenrissie in klein bietjie olyf olie tot dit begin sag word maar ni pap is ni. Hou eenkant effens warm.
Plaas in mengbak die volgende:
Gedreineerde heel klein suur uitjies.
Gherkins opgesny in skuifies.
Spring onion opgesnipper.
Opgekerfde of heel basil, cilantro en pietersielie kruie.(opsioneel…..nie n moet nie, maar smaakliker met dit in)
Dreineer warm aartappeltjies en voeg saam by bogenoemde in mengbak.
Voeg ook warm spekmengsel in mengbak.
Maak di sous van:
¼ koppie olyf olie
1-2 eetlepels Balsamiese asyn
½ koppie knorr french of greek vinaigrette sous.
Meng die sous saam en giet oor die slaai.
Meng di slaai mooi deur en kan warm of koud voorgesit word






