

ELANDKERRIE
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Eland kerrie met klappermelk, bedien op basmati met piesangs, blatjang en tamatie/uie salsa. En daar is genoeg vir more aand wanneer dit nog beter gaan smaak.
Ek braai die skenkel stukke net so heel in bietjie olyfolie in my stoompot totdat hulle begin verbruin, dan voeg ek die gekapte uie en knoffel by, braai liggies totdat uie deurskynend is.
Voeg nou die kerriepoeier, ster anys, kardamom sade, fennel sade, 1 teelepel borrie, sout en peper, 2 kaneel stokkies en so 10 heel naeltjies by en laat die speserye so 5 min liggies braai sodat die geure kan uitkom.
Voeg 1½ koppie kookwater en so ongeveer 30ml suurlemoensap en gerasperde skil by en stoom ten minste ‘n uur totdat die vleis van die bene afval.
Verwyder die bene (maak seker die murg bly in die kerrie) en sit aartappel blokkies en wortelblokkies by, stowe tot die groente sag is en bedien.
Oops vergeet om te noem ek voeg ‘n ½ blikkie klappermelk by wanneer ek die groente bysit.






