

“CHICKEN ALA KING” MET RYS
Ek deel graag met julle my Chicken al la king resep! Die resep is baie lekker!
2 hoender fillets
250 g Cheddar kaas gerasper en in yskas gesit
700 ml volroom melk
3 eetlepels maizena
gemengde kruie
sout en peper na smaak
1 ui opgesny
1 soetrissie opgesny (green peper)
10 klein sampioene opgesny
75 ml sonneblom olie
2 teelepels bruinsuiker
1 koppie rys met sout klaar gaar gemaak en reg en eenkant gebêre
Sit die twee hoender fillets in ‘n bak met bietjie olie en sout en peper en bedek met foelie en sit in oond op 180ºC vir ‘n 30min.
Sny solank die ui op en braai in die sonneblom olie met die sout, peper en gemengde kruie en braai tot bruin, en voeg dan suiker by.
As die hoender uit die oond gekom het en gaar is, sny op in klein stukkies en plaas in ‘n bakkie.
Voeg nou die sampioene en soetrissie by die ui en braai tot die soetrissie sag is en donker van kleur.
Voeg nou die opgesnyde hoenderstukkies by en laat dit goed braai saam die ui, sampioene en soetrissie.
Voeg nou die melk by en sit die plaat op hoog en laat die melk borrel, voeg dan die drie eetlepels Maizena by en roer goed.
Meng die hoendermengsel goed totdat dit begin dik word soos ‘n sous effek net bietjie dikker en plaas dan eenkant om te rus vir so 10 minute.
Voeg nou die gaar rys by die hoendermengsel en meng goed deur en voeg dan die cheddar kaas by en meng ook goed.
Bedien dadelik!
Die resep is ‘n wenner in ons huis en daar bly nooit oor nie!
Resep en foto: Kristie Townsend






