CELESTENE SE PAPBALLE MET WORS
Maak lekker stywe pap en laat bietjie afkoel. Braai solank jou worsie net bruin buite om, nie gaar nie.
Braai ui, in die pan van die wors, jy kan greenpepper en sampioene ook bysit, ek sit graag knoffel ook by.
Maak balle met jou roomys skepper en plaas in gesmeerde oondbak. Skep uiemengsel bo-oor.
Neem jou wors en druk dit liggies bo-op die papballe.
Sous:
Neem 1 pakkie beef stroganoff dry cook in sauce van Knorr en meng dit met 1 koppie room of melk.
Gooi dit bo-oor die wors en papballe en plaas klontjies botter bo-op.
Strooi bietjie pietersielie oor. Bak in die oond vir so 30 minute op 180°C.
Bron: Celestene Bosch