

CELESTENE SE PAPBALLE MET WORS
Eie hoeveelhede van:
stywe pap
wors
ui
groen soetrissie
sampioene
knoffel
Beef Stroganoff dry cook-in sause van Knorr
room of melk
klontjies botter
pietersiele vir bo-oor
Maak lekker stywe pap en laat bietjie afkoel. Braai solank die wors net bruin buite om, nie gaar nie.
Braai ui, in die pan van die wors, jy kan groen soetrissie en sampioene bysit, ek sit graag knoffel ook by.
Maak balle met jou roomys skepper en plaas in gesmeerde oondbak. Skep uiemengsel bo-oor.
Neem jou wors en druk dit liggies bo-op die papballe.
Sous:
Neem 1 pakkie beef stroganoff dry cook in sauce van Knorr en meng dit met 1 koppie room of melk.
Giet dit bo-oor die wors en papballe en plaas klontjies botter bo-op.
Strooi bietjie pietersielie oor. Bak in die oond vir so 30 minute op 180°C.
Bron: Celestene Bosch






