

BULGAR-KORINGSLAAI
Berei jou Bulgar wheat voor soos op die pakkie aangedui.
Voer jou bak uit met roketblare.
Meng nou die bulgar wheat en die volgende groente:
1Blik mielies en 1 blik swart bone – gedreineer (ek neem aan dis die 410g blikke)
seldery fyn gesny,
klein wortel stokkies,
fyngekapte ui en
vars koriander
Sout en swart peper. Roer die slaai liggies deur en voeg laaste kersietamaties wat in die helfte gesny is, by.
Krummel Feta kaas oor die mengsel.
Sy het n pomegrade slaaisous van n bekende maak gebruik.
Indien jy die slaai klammer wil hê kan jy olyfolie bo-oor gooi.
Bron: Jakkie Fourie
Geplaas deur: Liesie Nel







geskuif