

ZURI SE VARKLIES – PORK BELLY
Ek het lank gelede ‘n onfeilbare resep by ‘n Amerikaanse vriendin gekry. Koop varklies (pork belly). Sny sulke diamante met ‘n skerp mes oor die boonste varkvel, maar moenie deursny tot op vleis nie!! Vryf die lies met balsamiese asyn en bietjie bruinsuiker (die sout kan wag). Bak daardie “pork belly” teen 120 grade Celsius vir 8 uur lank, maak nie saak hoeveel die varklies weeg nie. (Met ‘n warmlug-oond wat gewoonlik warmer is, kan dit op 110 grade gebak word). Moet niks doen soos iets oorgooi of die oond oopmaak nie — los dit net vir 8 uur. Dan kan jy dit uitmekaar trek (pulled pork)! As jy die vel bros wil hê, sout dit bo-op die vel na die baktyd, en verhit jou oond se “grill”, en laat die vel so pop soos popcorn. Hoe jy dit verder geur en gebruik is jou besluit,
RESEP: Zuri Roos






