

TIRAMISU MET BESSIE-GEGEURDE SUIKER
Deel 1 – Vulsel:
2 x pakkies room kaas
½ koppie room
¾ koppie suiker
3 teelepels bessie suiker (dit is Bessie gegeurde suiker)
1 eetlepel vanilla essence
1 eetlepel haselneut likeur
2 eetlepels heuning
Meng dit alles goed saam.
Deel 2 – Kors:
Vinger beskuitjies (boudoir biscuits)
1 koppie baie sterk swart koffie (moet koud wees)
Breek die vinger beskuitjie in die helfde en doop hulle in die koue koffie, pak dan lagie koekies en sit vulsel bo op. Pak dan weer ‘n laag koekies en nog ’n laag vulsel. Sit in die yskas vir 20-30min.
Deel 3 – Versiering
1 koppie room
¼ koppie suiker
Klop room en suiker tot stuif, sit in spuitsak en spuit ’n goeie hoeveelheid room bo op. Versier dan met sjokolade poeier en geniet!
Resep: Jaco Wheeler.






