

BULLY BEEF TERTJIES
Deeg:
1 koppie melk
2 eiers
4 teelepelsbakpoeier
½ koppie kookolie
1 ½ koppies koekmeel
sout
Meng melk en kookolie. Meng eiers by. Sif meel, bakpoeier en sout en meng met eiermengsel.
Vulsel:
1 blik bully beef
2 hard gekookte eiers, fyngedruk
pietersielie
1 middel matige ui, fyn gerasper
1 eier om te bind
1 koppie gerasperde kaas
rooipeper
Aromat
Meng alles deur mekaar. Skep teelepelvol van deeg in gesmeerde pannetjies en ‘n teelepel vol van die vulsel op die deeg. Bak op 180°C vir ongeveer 10 minute.
Resep en foto: Petro van Genderen






