

SUE SE EIERVRUG
Ek het eiervrug geeet soos my ma dit gaargemaak het.
Skil hom, sny in dun skyfies, sit in lou soutwater vir so 20 min.
Haal uit water en pak op skoon en droee multi purpose wipes vadoekies.
Maak die degie aan met so 1 k meel, sout en 1 eier – geen bakpoeier nie want dan trek dit olie.
Maak n slap degie aan met water wat jy by roer.
Intussen moet jy die olie opsit om warm te word.
Plaas so 3 skyfies wat jy in die deeg gedoop het in die olie anders word die olie te vinnig koud.
Wanneer hy effens bruin is aan die een kant, draai om.
Haal uit die olie en sit op kombuispapier.
Ek eet hom as hy nog warm is, dan is hy baie lekker.
Ek eet dit vir n voorgereg…
Resep : Sue Bierman
Foto: Pearl Willows







Geskuif