RYK BOTTERIGE VANILLA KOEK
250 g sagte botter
3 t vanilla ekstrak (of 3 E vanilla essens)
330 g strooisuiker
3 groot eiers
250 g bruismeel
50 g koekmeel
180 ml melk
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Verroom die botter en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die vanilla ekstrak by en klits tot gemeng.
Voeg die eiers 1 op ‘n slag en klits tot net gemeng.
Verdeel die meelmengsel en melk in 2. Voeg beurtelings by en klits tot gemeng.
Gooi in ‘n gesmeerde/gespuite pan/boks en bak vir 70 minute of tot die toetspen skoon uit kom.
Laat die koek HEELTEMAL afkoel in die pan/boks – so nie breek en krummel dit.
My versiersel:
2 koppies gesifte versiersuiker
2 blikkies granadilla
2 E suurlemoensap
Meng alles saam en goet oor die koek. Dit trek mooi in die boonste laag van die koek in en word hard.
Oorspronklike versiersel:
1 vanilla boon
240 gesifte versiersuiker
2 E water
Verdeel die vanilla boon in die helfte en krap die sade uit. Meng die sade met die versiersuiker en die water tot ‘n dik pasta. Verhit oor kook water tot smeerbaar. Smeer oor die koue koek.
Foto: Wayne Dugmore