

OU KAAPSE BOBOTIE
1 dik sny wit brood
n bietjie melk om brood in te week
2 e botter
2 uie , gekap
2 huisies knoffel , gekneus
2 e kerriepoeier
2 t borrie
2 t sout
1 e blatjang
1 e appelkooskonfyt
asyn na smaak (ongeveer 15ml)
2 t suiker
1 kg maalvleis
4 eiers
6 lemoenblare ek het suurlemoen blare gebruik
1 1/2 kp melk om aan einde oor te gooi
Sout en peper na smaak
Voorverhit oond tot 180 C . Week die.brood in n bietjie melk totdat dit sag is en maak dit fyn met n vurk . Druk onnodige vog uit . Smoor die uie en knoffel in die botter totdat dit bruin is . Meng die kerriepoeier , borrie , sout , blatjang , konfyt , asyn en suiker met vleis en voeg dit saam met die brood by die mengsel . Meng alles goed . Smeer n pasteibak en gooi die vleis mengsel daarin . Druk nou blare , in die mengsel . Bak dit vir ongeveer 20 tot 30 minute totdat dit by na gaar is . Klits in tussen die ander twee eiers goed , voeg 1 1/2 koppie melk by , en geur dit met sout en peper na smaak . Gooi dit oor die bobotie en bak dit vir nog 15 tot 20 minute . Sit die bobotie voor met geelrys en blatjang .
Foto: Petro van Genderen






