


MOSSELSOSATIE MET SPEK, PYNAPPEL EN AGURKIES
8 middel grootte (15 cm) sosaties stokkies, geweek in water
1 pak gevriesde mossels sonder skulpe
4 agurkies in skywe gesny (ringetjies)
vars pynappel, ook gesny in stukkies
1 pak streaky bacon
Sny rind af van spek af, sny in helfte (so ± 8 cm in lengte. Elke helfte word weer oorlangs in die middel deurgesny sodat jy ‘n lang smal repie spek het.
LW: dit moet nie dik bacon wees nie – streaky! (Om makliker te verduidelik…..elke repie spek word in die middel deur gesny en dan weer oorlangs sodat dit 4 stukkies spek maak).
Rol 1 tot 2 mossels (hang af van grootte) in ‘n repie spek. Sit eenkant in ‘n bak todat jy genoeg het so vir 4 mosselspakkies per stokkie. (32 pakkies mossel en spek)
Ryg nou ‘n mosselpakkie, agurkie en dan ‘n pynappleskyfie alternatiewelik op jou stokkie.
Braai op jou vuur oor matige kole todat die spek lekker bros is.
Nota: GEEN sout of enige speserye is nodig nie.
FOTO’S: Gideon Louw / Amanda Conradie






