

MINETTE SE GEMMERKOEKIES
Resep en foto: Frieda Greyling
FOOD LOVERS RECIPES
Die is ’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.
185 g margarien
250 ml gouestroop
700 g koekmeel
20 ml koeksoda
20 ml kremetart
60 ml gemmer
550 g bruinsuiker
5 ml sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel.
Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel.
Strooi die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is.
Sif droё bestandele en voeg by die die stroopmengsel en meng.
Laat staan vir 2 ure, maak balletjies, plaas op voorbereide bakplaat en bak 10 – 12 min by 180°C.
Die resep lewer omtrent 13 dosyn.
Voeg maar ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde.






