



MAALVLEIS UIERINGE
Maalvleis
Uie lekker dik skywe gesny soos op foto
Gemengde speserye
Sout en swart peper
Cheddar kaas
Broodkrummels om in te rol
eier geklits om in te doop
Meel om in te rol
Vul uieringe met gegeurde maalvleis (speserye en sout en peper)
Sit blokkie kaas bo-op
Bedek kaas met nog maalvleis.. druk stewig vas
Doop in eier, meel en broodkrummels, maak goed koud.
Braai in olie vir 4 – 6 min
FOTO’S EN RESEP: Cecil Dunhin idee gekry op SoDelicious






