
INA SE FUDGE BLOKKIES
2 pakkies Tennisbeskuitjies, fyn gemaak plus ekstra indien nodig
200 g (250 ml) sagte botter
1 blik Caramel Treat
5 ml fyn kitskoffiepoeier
10 ml vanilla geursel
500 g versiersuiker, gesif
Klop botter en kondensmelk saam. Los koffiepoeier in vanilla op en roer by.
Sif versiersuiker bietjies-bietjies oor en roer elke keer in.
Roer beskuitjiekrummels by.
Skep in ‘n gesmeerde, gevoerde pannetjie,
bedek met kleefplastiek en plaas in koelkas tot styf.
Keer uit en sny in blokkies.
Nota: Let op dat ons pakkies Tennisbeskuitjies nou kleiner is, so mens moet maar ekstra paar bysit as die mengsel te klam bly.
Resep geplaas deur: Ronel Hunter







Frances Smith:
Ek het Ronel Hunter se resep gemaak maar het Marie beskuitjies gebruik. Het oornag in yskas gelos voor ek dit vanoggend gesny het.
Resep is nie soos die gekoopte een nie en is baie bros, breek uitmekaar…dalk ons iets verkeerd gedoen, hehe.
Foto is in bak voor ek dit opgesny het en nadat gesny is.
Moet erken dis nogsteeds ‘n heerlike peusel happie