


GUINNESS PASTEI
Braai 750g ontbeende beeskook in ‘n swaarboompot tot bruin.
Braai 1 ui (grofgesny)
Hou uie eenkant en gooi dan ‘n 440ml Guiness bier by die vleis.
Voeg sout na smaak by.
Voeg mespunt gekneusde knoffel en bietjie Tiemie en twee fyngeperste naeltjies by.
Voeg ‘n klein houertjie tamatie pasta by.
Voeg swartpeperkorrels by na smaak.
Laat prut baaaaaaie stadig (ten minste 1 en half uur) oor lae hutte (bedek)
Voeg klein blokkies aartappels en wortels by, bedek en prut vir nog 45min.
Teen hierdie tyd is die vleis lekker sag.
Neem 2 teelepels meelblom en maak apart aan in klein bietjie water.
Roer die meelblom in die pot en verminder hitte. Die sous word baie vinnig dikker.
Wanneer alles gaar en sag is, verwyder van die plaat en laat afkoel. (Veral as jy ‘n kors onder in jou bak het. Die sous stol dan word die deeg nie pap nie)
Spuit ‘n oondbestande bak behoorlik met Spray n Cook.
Versprei die vleismengsel eweredig in die bak.
Bedel die bak met voorafgerolde deeg, plaas ‘n NTVL daisy op en bak teen 180°C in ‘n voorafverhitte oond totdat die kors goudbruin is (Myne het bietjie gebrand aan die een kant, maar ek maak gebruik van een van daai draagbare oondjies)
FOTO EN RESEP: Werner Werries Schulze






