

FRIKKIE SE AARTAPPELSKYFIES (CHIPS)
Ek sny die aartappels ongeskil in dik chips. Spoel in sout en asyn water. Droog die die chips goed en gooi in ‘n pot met olie. Verhit oor medium hitte. Roer af en toe. Sodra die chips begin braai verhoog die hitte en braai tot die middelste sag is.
So 20 min.
Dreineer op papier en besprinkel met sout of geursout.
Ek sal nooit weer chips op ‘n ander manier maak nie.
Nota: Die sout en asyn help om die chips lekker crispy te maak.
RESEP: Frikkie Jones






