


ALTA SE PASTA TO MOM
1 pak 500grm tagliatelle gekook soos gewoonlik,moenie afspoel nie,
braai 3 uie wat gekerf is tot deurskynend
voeg 1 pakkie bacon van 250 gr opgesny by,
dan 2 russians in ringetjies gesny,
braai als saam tot net gaar,
meng 1 pakkie tamatie pasta saam 1 pakkie tamatie room sop,
1/2 koppie sweet chilli sous en 3 koppies water ,
1 eetlepel oreganum,
sout en peper na smaak
voeg laaste bestanddele by gebraaide uie mengsel,
meng gekookte tagliatelle by vorige mengsel
roer deur, kan of in bak gesit word of in kastrol bly
strooi gerasperde kaas oor, laat kaas smelt op stadige hitte – skakel plaat af
Nota: kan ook gesnyde sampioene by sit
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk






