


ADELLE SE SKONDEEG VIR BROOD EN PIZZA’S
Ek bak net met Golden Cloud Bruismeel.
3 koppies bruismeel (750 ml)
75 ml botter (nie margarien)
Vryf botter in meel in.
Dan 1 eier en bietjie water (so 50-100ml)
Roer in met vurk om sagte deeg te vorm. As dit ‘sticky’ is, sit nog meel by, as daar te veel meel los is, spat nog water by om al die meel op te tel. Moet dit nie te veel knie nie (dis nie ‘n brood nie). Druk plat met hande en druk skons uit. As jou skon dik en wyd is, bak dit so 20 min.
As jou skons klein is (so 5 cm deursnee + 2-2.5 cm rou), dan bak dit net 15 min op 190°C.
Ek gebruik hierdie deeg vir skons, skonbrood, boerepizza (plat soos pizza met pizza bolaag) en souttert kors. Skonbrood, boerepizza en souttert bak so 25 min. Soms gooi ek kakao by die meel om sjokolade skons te maak. Baie lekker met konfyt en sjokolade room. Vir die appeltert kan jy bietjie suiker by deeg gooi en baie dun uitrol.
Hoendersop gemaak met Skonbrood en kluitjies (skondeeg in die sop gekook). Dit was so lekker my man sê skonbrood is nou sy gunsteling brood. 🙂

RESEPTE EN FOTO’S: Adelle Gascoyne







Adelle Gascoyne
Rina, weet jy: ek gebruik daai skondeeg vir my skons, skonbrood, boerepizza, souttert (quiche) en melktert. Dis baie lekker en so maklik