WILMA SE WATERBLOMMETJIE BREDIE
Bestanddele:
1,5 kg waterblommetjies, oornag geweek in sterk soutwater en onder lopende kouewater, goed afgespoel
1/2kg Lam Liesvleis, in repe gesny
2 groot uie in skywe gesny
4 middelgrootte aartappels geskil en in kwarte gesny
5 heel kruienaeltjies
1teelepel swartpeper korrels
1eetlepel sout
1eetlepel braaivleisspeserye
1teelepel gemengde kruie
Knypie Rissievlokkies
Gerasperde neutmuskaat
Metode
Sit die blommetjies in ‘n diep bak, gooi gekookte ketelwater oor en laat die water heeltemal afkoel
Braai die vleis in olyfolie in ‘n diep pot tot goudbruin. Skep uit
Braai die ui in die olie voeg die kruie, speserye, sout, peper en rissievlokkies by en braai saam tot die uie halfpad gaar is.
Skep die vleis, met die pansappe terug in die pot. Braai alles saam vir ‘n paar minute.
Skep die aartappels bo-op die vleis en voeg 1koppie water by.
Kook tot die aartappels halfpad gaar is.
Dreineer die waterblommetjies baie goed en skep bo-op die vleismengsel. Moenie nog water bygooi nie.
Kook vir 30minute tot die waterblommetjies gaar maar nog ferm is.
Roer een keer deur. Rasper neutmuskaat oor.
Kook vir nog 15 minute en bedien met rys en pampoenkoekies. (Resep op die blog)
Resep en foto: Wilma Josey Venter
One thought on “WILMA SE WATERBLOMMETJIE BREDIE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Marie Grobler
Baie dankie Marika Tegman vir die waterblommetjie bredie resep ek het toe Wilma sin gebruik en dit was baie lekker n lang proses maar baie lekker . Ek was altyd baie vies vir die blommetjies maar hierdie resep maak alle goggas dood wat daarin kon w ees. Heerlik.