


WENRESEPTE KARRINGMELKBESKUIT
Vanoggend gou karringmelkbeskuit gebak. Resep wat ek nou al jare gebruik en nog nooit geflop het, kom uit Huisgenoot se Wenresepte 1. En omdat ek so baie bak soek ek altyd kort paaie. So hier is die resep met my “aangepaste” metode! 🙂
1 kg bruismeel
375 ml suiker (koppie en ‘n half),
5 ml sout
7 ml bakpoeier
250 g sagte margarine
2 groot eiers
en +/_ 400/500ml karringmelk
Ek sit alles gelyk in my Kenwood menger se bak (6,7l) en meng deeglik met die deeghak. As die deeg te pap is, voeg nog bruismeel totdat deeg met hand hanteer kan word. Pak bolletjies of druk plat in beskuitpan. Bak ongeveer 30 min by 180°C en daarna nog 30 min by 150°C. Droog uit en geniet. Vir die platter beskuitpan soos in my foto, het ek die tye aangepas na 20min elk.
Ns. Beskuit rys lekker hoog.
Foto: Irma Van Ellewee Swart en Johan Westenberg






