

SJOKOLADE MIKROGOLF KOEK
(Volgens my – DIE LEKKERSTE OOIT)
Probeer gerus met die ‘chilli powder’ ook
KOEK:
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
3 eetlepels kakao
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
2 eiers
¼ koppie olie
1 koppoe lou water
1 teelepel vanilla geursel
1 eetlepel rissiepoeier (optioneel)
SOUS:
¾ blik ideal melk ( hou die res vir die versiersel)
¼ koppie suiker
KOEK MENGSEL:
Meng al die droë bestanddele bymekaar.
Voeg die eier, olie, water en vanilla geursel by en meng deeglik.
Smeer mikro ringpan en bak op omgekeerde piering op hoog vir 7 minute in die mikrogolf. Koel af vir 1 minuut.
Al is dit nog klam of skuimerig bo-op MOENIE TERUG IN MIKRO SIT NIE. Dit sal droog word tydens staan tyd.
SOUS:
Smelt die ideal melk en suiker in die mikrogolf tot kookpunt
(moenie kook nie).
Haal uit en skep oor die warm koek. Laat dit afkoel. Keer die koek uit.
VERSIERING:
Smelt 1 groot pak heelneut sjokolade blokkies en die ander ¼ blik ideal melk in die mikrogolf vir so 60 sekondes.
Stukkies moet nog sigbaar wees, maar baie sag. Roer dan tot glad.
Giet oor koek en laat dit teen die kante afloop.
(Ek gebruik bietjie minder as kwart blik ideal melk as ek net een sjokolade gebruik, anders is die sous te loperig. Ek gebruik vrugte en neute sjokolade en sommer baie meer as 1 pak).
Dis ‘n HEEEEEERLIKE KLAM koek.
Resep ne foto: René Rheeder






