

SHARMAINE SE AARTAPPELKOEKIES
4 groot aartappels
2 eetlepels koekmeel
1 ui
gemaalde peper
1 eier , geklop
250 g gerasperde kaas
1 teelepel sout
fyngekapte pietiersielie
1 teelepel veggie spice
2 koppies olie vir braai
Rasper aartappels en ui in ‘n bak.Dreineer oortollige vloeistof.
Meng eier, spice en peper by.Voeg meel, kaas en pietiersielie by en meng deur.Voeg nog meel by as nie lekker gebind is.
Maak olie warm in pan en braai lepels vol tot goudbruin weerskante.
Resep en foto: Sharmaine Dyers






