

ADRI SE SKUIMPIES UIT KNUPPELDIK
1 eierwit
250 ml strooisuiker
30 ml kookwater
15 ml asyn
2 ml bakpoeier
Metode:
Gooi eierwitte, strooisuiker, kookwater en asyn in ‘n mengbak en klits vinnig totdat meringue stywe puntjies vorm as jy die klitser optel.
Vou bakpoeier liggies in. (Ek het dit sommer bietjie geklits).
Bak vir 2 ure in ‘n 100 grade oond. Laat koud word in die oond sonder om oop te maak. Ek het dit laat aand gebak en oornag laat koud word.
Moet net nooit skuimpies probeer bak as dit onweer is of reën nie – dit flop dan GEWOONLIK!
Ek het ‘n ronde vorm gesny van my waspapier en met die “icingbag gepipe” om ‘n tert vorm te maak. Daarna het ek dit gevul.
Ek het die vulsel gemaak van kondensmelk en creamcheese met bietjie van my pulp by en vars perskes bo op gesny. Ongelukkig het ek nie ‘n foto daarvan geneem nie.
RESEP GEPLAAS EN FOTO: Adri Liebenberg






